LOURENS FAUL: OP MY OU RAMKIETJIE CL LEIPOLDT

ERIK WERBA, DIE VOORSTE KENNER, SKRYWER EN KUNSLIEDBEGELEIER, HET TYDENS SY BESOEK AAN SA IN 1983 GELUISTER NA DIE KUNSLIEDERE VAN LOURENS FAUL EN DIE VOLGENDE GESKRYF:
“Die liedere van Lourens Faul, wat ek hier op my SA-toer leer ken het, tel tot die oorspronlikste en persoonlikste wat ek in die laaste jare aan nuwe liedliteratuur leer ken het.
Die unieke styl van die komponis benodig hierdie poëtiese keuse van tekste, om ten volle tot reg te kom. Dit handel hier om ’n soort Suid-Afrikaanse Poulenc: soos by hom verbind Dr Faul die populêre en die ernstige, die anderse en bekende en skep daardeur vir die belewenishonger luisteraar ’n voorheen ongehoorde atmosfeer.
Dit sou wenslik wees, dat die tekste in Duits en Engels vertaal word om ’n breër verspreiding van die waardevolle komposisies te verseker.
Ek is daarvan vas oortuig dat hierdie werke internasionaal gesien, ’n wye publiek kan vind, waar ookal liederaande in die middelpunt van groot publieke belangstelling is.”
Hy het toe mondelings bygevoeg dat daar nie in SA so ’n publiek is nie. Dit na aanleiding van die swak reaksie op sy en Walter Berry se landswye konserttoer. (Afrikaners stel basies nie belang in hul ernstige komponiste nie.)

Op my ou ramkietjie (CL Leipoldt) Nellie du Toit, Anna Bender
Dora Sowden (Rand Daily Mail): “Two Slampamperliedjies by Lourens Faul provided another highlight. They showed that compositions in the modern idiom do not have to sound cerebral. Sung by Nellie du Toit with charming quality of voice and style (the composer as accompanist) the music was sensitive to Leipoldts words.”

OOR CATÓ BRINK SE UITVOERING:
Brian Monteith skryf in Pretoria News: “For sheer delight, the highlight of the evening was undoubtedly the Afrikaans song Op my ou ramkietjie by Lourens Faul. Miss Brink struck a perfect balance between its pert charm and mute poignance: a warmly tender performance of a song, which in its very excellence contains a promise of a growing heritage of indigenous South African music.”
In Duitsland het Cató Brink die volgende hoë lof ingeoes vir haar uitvoering van Op my ou ramkietjie o.a. Lourens Faul
H R Badische Zeitung 26 01 1971:
Ek vertaal die onderstaande resensies: “Die laaste deel van haar program het Cató Brink gewy aan die Liedskeppings van haar Suid-Afrikaanse vaderland, toonsettings van die digters Boerneef in die Boeretaal. … soos dit in Kaapland gepraat word, heeltemal volks en vol natuurnabye poësie. Die komponis Lourens Faul, gebore 1931, het die verse die presiese klankgewaad gegee – in die liedere van die blokfluit van palissanderhout (My blokfluit is van palissanderhout,) van die tortelduif (Die tortelduif die soek en soek), van die Die bloedrooi kapokhaan van Vandaan wat humoristies-grotesk iets verkeerds in sy keel kry, of die surrealistiese lied van die ou ramkietjie (Op my ou ramkietjie met nog net een snaar), die selfgemaakte negerinstrument met een snaar van draad. Mens leer hier ’n heeltemal nuwe onbekende klankwêreld ken en Cató Brink lewer hulle met soveel sjarme en inlewing dat die publiek verruk was. Met 2 eenvoudige volksliedjies eenvoudig gesing, bedank die kunstenares vir die lewendige (applous)eggo.
Den letzten Teil ihres Programme widmete Cato Brink Liedschöpfungen ihrer südafrikanischen Heimat, Vertonungen des Dichters Boerneef in die Burensprache,… wie sie in Kapland gesprochen wird, ganz volkstümlich und voll naturnaher Poesie. Der Komponist Laurens Faul, jahrgang 1931, hat ihnen das stimmungsmässig genaue, moderne Klanggewand gegeben – in den Liedern van der Blockflöte aus Palissanderholz, von der Turtelrtaube, von dem blutroten Zwerghahn, der, humorig-grotesk etwas Falsches in den Hals bekommt, oder dem surrealistischen Lied von der alten Ramkietjie, dem selbsgebalstelten Negerinstrument mit einer Saite aus Draht. Man lernt hier eine ganz neue, unbekannte Klangwelt kennen, und Cato Brink bracnte sie mit so viel Charme und Einfühlung, dass das Publikum entZückt war. Mit zwei einfachen Volkliedern schlicht gesungen, dankte die Künstlerin für das lebhafte Echo.”

D.S. (Daily Mail) oor Cató Brink se uitvoering van Op my ou ramkietjie: “South African composer Lourens Faul had the good fortune last night to have two of his songs performed by one the finest sopranos South Africa has produced, and by the best accompanist in the country. Cato Brink gave a recital rare in the qualities of vocal beauty and musical skill. But in the South African songs she made even more clear what a singer can do for a song.
In “Op my ou ramkietjie” (with Hennie Joubert at the piano) she brought out the impish charm. “Wys my die plek” of which I think the drive too dramatic for the Leipoldt “Slampamperliedjie”) was given a glow that must have warmed the composers heart.

Stefaans Grove (Rapport 14 05 1978) oor die verskyning by DALRO van Lourens Faul se Twee slampamperliedjies Op my ou ramkietjie en Wys my die plek: “Lourens Faul se Twee slampamperliedjies vir hoë stem en klavier vind ek geweldig effektief. Die klavierbegeleiding is taamlik moeilik, maar uiters stemmingsvol.”
Tweede druk by DALRO van die twee Slampamperliedjies van Lourens Faul wat vir hoëstem deur DALRO gepubliseer is, is vir Anna Bender se DALRO-bundel “So sing ook die hart” vir middelstem verwerk. Ander sangers soos Manuel Escorcio en Jeanette Harris (op ’n landswye konserttoer deur Namibië) het ook groot lof ingeoes daarmee by die publiek.