Die vierde jaarlikse Monumentale Koorfees beloof om weer ’n hoogtepunt op Pretoria se koorkalender te wees. Die FAK, in samewerking met die SingFonix-mansensemble, nooi jou uit om die unieke klank van Afrikaanssprekende jeugkore in die indrukwekkende Heldesaal van die Voortrekkermonument te beleef.

Maak ’n uitstappie daarvan! Geniet vooraf ’n ete saam met familie en vriende by een van die restaurante op die terrein en kom luister na die mooiste koorklanke in een van Suid-Afrika se bekendste erfenisbakens.

Datum: 21-23 Augustus 2026
Plek: Heldesaal, Voortrekkermonument

Die fees bestaan uit vier konserte, waarvoor kaartjies afsonderlik aangekoop kan word.

Kaartjies:

Volwassenes

R150per persoon

Kinders

R115per kind

Pensioenaris

R115per persoon

Neem kennis:

Let asseblief daarop dat ‘n erfenisheffing van R20 per voertuig betaalbaar is. Jou erfenisheffing word aangewend om hierdie wêreldklas- historiese terrein in stand te hou en vir die volgende geslag te bewaar.

Kies die vertoning wat jy wil bywoon:

Optredes deur:

  • SingFonix-mansensemble
  • Hoërskool Rustenburg
  • Hatfield Christian School
  • Laerskool Monumentpark Juniorkoor
  • Akademia-koor
  • Massakooritem

Optredes deur:

  • SingFonix-mansensemble
  • Laerskool Voorpos Juniorkoor
  • Laerskool Voorpos Seniorkoor
  • Magaliesberg Kinderkoor
  • Cantaré Kinderkoor
  • Laerskool Lynnwood Seniorkoor
  • Massakooritem

Optredes deur:

  • SingFonix-mansensemble
  • Laerskool Stephanus Roos Seniorkoor
  • Laerskool Tygerpoort Seniorkoor
  • Serenade Kamerkoor
  • Klofiekoor
  • Conwonnité Koor
  • Massakooritem

Optredes deur:

  • SingFonix mans ensemble
  • Laerskool Monumentpark Senirokoor
  • Die Noriekoor
  • Rheinberger Kamerkoor
  • Deo Gloria Koor
  • Oosrandse Jeugkoor
  • Massakooritem