NOAG SE ARK SANGSIKLUS GEKOMPONEER EN GESING DEUR LOURENS FAUL

RESENSIES ONTVANG:
1. ANNA BENDER: NADAT EK MY NOAG SE ARK GESING HET BY DIE A G VISSER JUBILEUM-FEES 1978, SKRYF ANNA BENDER:
Aan Lourens Faul “dolosgooier van musieknote. Mag daar nog baie boeties en sussies kom vir die ‘Arke broeders’. Met waardering en bewondering vir gelewerde dienste.”

2. NOAG SE ARK: LIEDFEES:
Ongewone applous onderbreek siklus toe ek en Hester Stander dit uitvoer.

3. GORDON BEASLEY, WAT BY EERSTE UITVOERING MANUEL ESCORCIO BEGELEI HET IN SAUK-UITVOERING IN KAAPSTAD:
“As you may have guessed, I am writing with regard to your song cycle Noag se Ark which gave me much pleasure to play recently for Manuel Escorcio during the live broadcast on the 18th October. I think you have put out a magnificent set of songs here and to cap it all you gave the accompanist something interesting to do in the bargain.”

4. RONALD CHARLES, MUSIC ORGANISER FOR THE WEST CAPE:
Manuel Escorcio gave a fine live broadcast performance in the Afrikaans Service on Tuesday evening the 18th October of your song cycle Noag se Ark. It is a great pity that I was unable to tell you about this broadcast because you would not only have been proud of his interpretation but full of pride for your own composition – a first rate set of caricatures. A packed audience of 250 in our studio reacted spontaneously to this charming work.”
NOAG SE ARK AT THE DEBUT CONCERT OF THE SA MUSIC GUILD RECEIVED THE FOLLOWING WRITE UPS:

5. MIGNON HODGSON BERIG SOOS VOLG (BEELD 1929 10 1976)
“Lourens Faul se sangsiklus Noag se Ark is ’n baie vindingryke toonsetting van A.G. Visser se teks. Die vokale lyn is vol kwinkslae en die verbeeldingryke maar veeleisende klavierparty voltooi die musikale kamees sinryk. As uitvoerende kunstenaar het Faul die musikale gegewe treffend verwesenlik.”

6. PAM BLUMENTHAL SE RESENSIE LUI SO:
“Humour in Lourens Faul’s Noag se ark – sung by the composer – delighted the audience. The six songs gave a vivid impression of the elephant, rhinoceros, dromedary, hippopotamus and the giraffe with a sore throat. The diction was clear and tonal colour varied.”

7. WOORDFEES STELLENBOSCH:
Die mezzosopraan Minette du Toit-Pearce bied vandag ’n program van kunsliedere aan saam met die pianis Bennie van Eeden.
Minett skryf: “In die laaste siklus, Noag se ark, skep die Suid-Afrikaanse komponis Lourens Faul ’n eiesoortige identiteit vir die olifant, renoster, dromedaris, seekoei, kameelperd en nog ’n paar ander. Hierdie gedigte deur A.G. Visser wat Faul getoonset het, is deurspek met fyn humor, wat uitstekend oorgedra word in sy komposisie. Dit is wat die kunslied vir my so ’n opwindende genre maak – hoe ’n komponis die digter se idee kan versterk deur die toonsetting, hoe humor in die musiek uitgelig kan word, hoe woordskildering beklemtoon word en hoe dit uiteindelik aan die sanger en pianis die geleentheid bied om al hierdie idees bymekaar te bring en lewe te gee. Ek dink die gehoor sal aanklank vind by dié drie siklusse omdat die tekste almal interessante klein grepe oor mense, die lewe, liefde, passie, verlies en diere is – dinge waarmee almal hulle op die een of ander manier kan vereenselwig.”