FAK/AON Musiekstudiebeurs
Die FAK/AON-beurs vir musiekstudies is gerig om ‘n bedrag van R50 000 toe te ken aan ‘n voornemende of huidige musiekstudent tussen die ouderdom van 17-21. Die beursvoorwaardes en bepalings word hieronder uiteengesit:
Minimum vereistes
• Die kandidaat moet ‘n bewys aanheg van voornemende musiekstudie-aanvaarding of registrasie
vir musiekstudies.
• ’n Oudisievideo van 3 kontrasterende stukke (YouTube-skakel).
• Kort curriculum vitae (konsertstyl).
• Motiveringsbrief aangaande finansiële ondersteuning.
• Volle akademiese rekord.
• ’n Getuigskrif vanaf die praktiese onderwyser of hoof van musiekdepartement.
Beursvoordele vir die suksesvolle kandidaat
• R50 000 kontantprys (Die gelde sal direk betaalbaar wees aan die universiteit van keuse met
voorwaarde dat die jaar se studies geslaag word. Die oorblywende studiegeld na die jaar van
suksesvolle studie se balans word direk aan die student uitbetaal).
• ’n Konsertoptrede tydens die FAK Klassieke-konsertreeks vir die daaropvolgende jaar.
Oudisiepaneel
• ’n Oudisiepaneel sal jaarliks aangestel word om die beurswenner te kies.
• Die paneel sal uit die volgende bestaan:
• Voorsitter: FAK/AON-Musiekstudiebeurs.
• Twee buitemuurse panneellede bestaande uit uitvoerende kunstenaars en musiekonderwysers
of dosente.
Ander belangrike kriteria
• Die kandidaat moet ‘n hoë vlak van musikaliteit en tegniese vaardighede toon as instrumentalis
of sanger/sangeres.
• Die kandidaat moet toon dat hy/sy ‘n wesenlike impak kan maak as uitvoerende
kunstenaar/musiekonderwyser in die Afrikaanse musiekgemeenskap.
• Die sperdatum vir aansoeke is Vrydag 24 Januarie 2025.
• Die kandidaat sal op Maandag 24 Februarie 2025 bekend gemaak word.
Navrae kan gerig word aan: lieandri@kultuurtuiste.org.za