
Die FAK het vanjaar weer begin met ’n kultuurkalender in Flink (FAK se digitale tydskrif), waarby ons al die vermaaklikheidsgebeure wat regdeur die land plaasvind, soos vertonings, optredes en feeste, gaan plaas. (Dit is alle vermaaklikheidsgebeure wat die publiek kan bywoon.)
Goeie nuus! Om in die algemene kultuurkalender te verskyn, is heeltemal gratis. Om addisionele blootstelling te kry vir jou geleentheid, is daar ook wel die opsie om by die kultuurkalender ’n advertensiespasie te bekom.
Indien jy van hierdie ekstra geleentheid wil gebruik maak, kan jy adverteer in Flink teen R200 per advertensie.
Laat weet ons asseblief van jou vermaaklikheidskalender vir Maart, April en Mei deur die volgende skakel vir elke gebeurtenis apart in te vul voor die 14de Maart.
Flink verskyn op 22 Maart.
Ons gaan elke twee maande met julle kontak maak om die opvolgende maande se inligting te kry vir Flink se kultuurkalender.
As julle enige vrae het of addisionele inligting benodig, kontak vir Lieandri Ackermann by lieandri@kultuurtuiste.org.za