Vul asseblief die onderstaande inligting volledig in:
1. Ek gee hiermee toestemming dat my kind as lid van die FAK-Jeugsimfonieorkes die kamp van 14-16 Maart by FAK Udolpho Rivierplaas in Parys mag meemaak.
2. Ek aanvaar dat alle redelike voorsorg getref sal word vir die veiligheid en welstand van my kind en dat ek verantwoordelik gehou sal word vir die betaling van mediese en/of hospitaalrekening, indien van toepassing, in geval van ’n besering wat nie aan die nalatigheid van die verantwoordelike personeel toegeskryf kan word nie.
3. Ek dra my magte as ouer/voog oor aan die verteenwoordiger van die FAK indien mediese behandeling of chirurgiese ingryping vir my kind nodig mag wees. Sover ek weet, is hy of sy fisies in staat om aan die genoemde aktiwiteite deel te neem en verkeer hy of sy in goeie gesondheid.
4. Ek versoek egter dat die verantwoordelike persone op die volgende sal let: (Spesiale aandag wat leerder sou benodig.)
Mediese besonderhede:
Die volgende inligting is noodsaaklik in geval van mediese behandeling of hospitalisasie.
Ek versoek dat die verantwoordelike persone op die volgende sal let: (Noem asb. aspekte waarvan ons bewus moet wees, bv. allergieë, spesiale medikasie, spesiale dieetvoorkeure, ens.)
Alternatiewe kontakpersone:
Dis ’n voorreg om deel te kan wees van die FAK-Jeugsimfonieorkes, maar met elke voorreg kom ’n verantwoordelikheid om jou by die reëls te onderhou. Indien die verantwoordelikheid verontagsaam word, sal die lid die voorreg verloor om verder deel van die FAK-Jeugsimfonieorkes te mag wees. Hiermee onderneem die lid om hom of haar by die bepalings en voorwaardes te hou.
Vrywaring:
1. Deur jou en jou kind se persoonlike inligting aan die FAK beskikbaar te stel:
1.1. Stem jy in dat jou en jou kind se inligting, soos op hierdie vorm versoek, deur die FAK ingesamel word en op die Kultuurtuistegroep se apparatuur en programmatuur geberg, verwerk en bewaar word.
1.2. Stem jy in dat jou persoonlike inligting gebruik mag word vir direkte bemarking (hetsy verbaal, per telefoon, skriftelik of in enige ander vorm) van enige van die FAK se aanbiedinge en promosies.
2. Indien jy enige van jou persoonlike inligting wil verander, bywerk of verwyder, kan ’n e-pos aan die Inligtingsbeampte van die FAK gestuur word by willem@kultuurtuiste.org.za.
3. Indien jy enige klagte het in verband met hoe jou persoonlike inligting deur die Voortrekkermonumentgroep ingesamel, verwerk en/of bewaar word, kan sodanige klagte aan die Inligtingsbeampte van die FAK gestuur word by willem@kultuurtuiste.org.za.